Man ry sewe rooibokke in Krugerwildtuin dood; kry R2 500 boete

Sewe impalas is verlede week in die Krugerwildtuin doodgery. Foto: Lowvelder

SANParke het streng teen ʼn bestuurder opgetree wat verlede week sewe rooibokke in die Nasionale Krugerwildtuin doodgery het deur die man met R2 500 te beboet.

Volgens Look Local Lowveld het Ernest Hickman (51) Woensdag teen die trop rooibokke op die Skukuzapad gebots. Die ongeluk het omstreeks 17:30 gebeur terwyl Hickman na Skukuza onderweg was. Volgens ooggetuies het hy voertuie teen ʼn hoë spoed verbygesteek en by ʼn kruising in die trop vasgery. Hickman was in die park om herstelwerk aan die slagpale te doen.

“SANParke betreur die verlies van die rooibokke, maar is ook hartseer dat die voorval in ʼn gebied plaasgevind het wat veronderstel is om ʼn veilige hawe vir die diere te wees. Ons het besluit om streng teen die oortreder op te tree. Hy word aangekla daarvan dat hy versuim het om versigtig in ʼn beskermde gebied te ry, asook vir sy onbedagsaamheid teenoor ander padgebruikers. Sy spoedoortreding het nie net ‘n ongeluk veroorsaak nie, maar ook die dood van ses van ons rooibokke,” het William Mabasa, hoof van openbare betrekkinge by die park, gesê.

Hy het gesê dat streng maatreëls teen Hickman geneem moes word, aangesien hulle nie kan bekostig om sulke gedrag deur enigiemand toe te laat nie – nie eens besigheidvennote nie.

“Ons glo dié besluit sal as ʼn afskrikmiddel dien en ons hoop en bid ook dat soortgelyke voorvalle nie weer in die toekoms sal plaasvind nie,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Viv Grant ·

SANParke het streng teen ʼn bestuurder opgetree ????? STRENG? weet julle wat die woord STRENG beteken?

STRENG is beslis nie ‘n R2500-00 ‘slap on the wrist’ nie – asseblief Mnr Mabasa – SEWE rooibokke doodgery – die Hickman vent het te vinnig gery, en onbeskof bestuur ook – en julle dink dis genoeg?

Die Hickman moordenaar behoort sewe maal R2500-00 te betaal – asook sy bestuurs lisensie te verloor – die huidige boete is belaglik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.