Man se arms byna by fabriek vergruis

ʼn Man wat by ʼn fabriek in KwaZulu-Natal werk, se arms is byna vergruis nadat dit in ʼn masjien, wat karton druk, vasgesit het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het Maandag gesê die 32-jarige werker is na ʼn nabygeleë hospitaal in Westmead geneem, nadat die masjien sy arms gedruk het.“Die man het verskeie gebreekte bene in sy arms, en ‘n gedeelte van sy vel het afgekom,” het Jackson gesê.

Die departement van arbeid ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willy ·

As daar met sulke masjiene gewerk word kan daar nie bekostig word om een sekonde fokus te verloor nie. ‘n Ongeluk gebeur baie vinnig. Goed dat hy so lig daarvan afgekom het. Vinnige en volkome herstel vir hom.

Seg Net ·

Wet maak baie duidelik dat alle bewegende dele van enige masjinerie, maak nie saak wat nie, op so ‘n wyse toegemaak moet wees dat, geen liggaamsdeel daarmee in aanraking kan kom terwyl dit beweeg nie. Indien daar aan sulke dele gewerk moet word moet dit op so ‘n manier uitgesluit wees dat die nie deur iemand per ongeluk aangeskakel kan word nie.
Die eienaar het beslis probleme.

HELENA SEABORNE ·

innige simpatie. my man was ok in i werksongeluk. 8kg staal het 24m ver op sy kop geval. nie veel van sy hardehoed oor nie. wag nog om te hoor of daar permanente skade gaan wees. dis al amper i maand terug en hy suffer nogsteeds vd pyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.