Christo Fourie (50) se gesin is twee dae voor Vadersdag in ʼn botsing in Pretoria dood.
Beeld berig dat Fourie se vrou, Karin, Vrydagmiddag in Garsfonteinweg gery het toe ʼn wit bakkie die motor getref en dit onder ʼn vragmotor beland het. Karin (46), Matthieu (9) en Lise-Marié (12) is in die botsing oorlede. Hulle was op pad na ʼn landloop-byeenkoms. Fourie het aan Beeld gesê dat hy sy Vadersdagkaartjie in sy dooie seun se skooltas gekry het. “Weet net ek is sommer baie lief vir jou. Mag God jou in sy liefdevolle arms toe vou. Lief pappa baie,” staan in die kaartjie.
Lees meer hier.