Man se liggaam in huis gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man se lyk is in sy huis in Stilfontein, Noordwes gevind met sy voete vasgebind.

Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, sê die oorledene, tussen 45 en 47 jaar oud, is Donderdag laas lewend gesien. Sy liggaam is Sondag gevind. “Sy familie het bekommerd geraak toe hulle hom nie weer gesien het nie. Hulle is na sy huis waar hulle hom op die sitkamer se vloer aangetref het met sy voete vasgebind en met sy gesig onder ʼn mat.” Molale sê die oorsaak van sy dood sal met ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.