Man se liggaam in Simonstad-hawe opgespoor

Die liggaam van ʼn 79-jarige man is opgespoor toe dit in die hawe in Simonstad gedryf het, het die Nasionale Seereddingsinstituut Donderdag gesê.

Woordvoerder Craig Lambinon het gesê die liggaam, wat in ʼn tou tussen twee bote verstrengel was, is Woensdagoggend opgemerk. Volgens Lambinon het die man op ʼn seiljag in die hawe gewoon. “Alhoewel ons vermoed dat die man die vorige aand in die water geval het nadat hy van die Valsbaai Seiljagklub teruggekeer het, het die polisie wel ʼn geregtelike doodsondersoek gelas.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.