Man se liggaam by substasie gevind

crime-scene-tape-320x191Die liggaam van ʼn man is by ʼn elektriese substasie tussen Roodepan en Barkley-Wes in die Noord-Kaap gevind.

Luit. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê ʼn treindrywer het Sondag op die liggaam afgekom. “Die man is glo deur ʼn transformator doodgeskok. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal.” Kock sê die man het ʼn wit en blou T-hemp, ʼn swart sweetpakbroek en bruin pantoffels aangehad. Hy is glo tussen 30 en 40 jaar oud gewees. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anon ·

Dit kom nou daarvan as jy wil krag steel. Ek is seker dit is wat hy wou doen want hoekom anders is hy dood geskok, WAT soek hy daar?????? Hulle leer net nie!!

AmY ·

Wou hy dalk krag steel? Ek kan nie glo dat ‘n werker in slippers sou aanhê nie.

AmY ·

Ivan, ek go nie hulle praat van pantoffels hier nie. Dis seker daai oop skoene, waar jy net jou voete insteek. Ek dink die regte afgrikaanse woord mag dalk sloffies (of so iets) wees.

GawieM ·

Dit gebeur as slim sy baas vang. Koper diefstal is ‘n baie groot probleem.

AmY ·

Askuus vir my vinger-foute so hier en daar. Maar, ja, hierdie ou wou sonder twyfel krag steel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.