Die polisie het die publiek se hulp gevra om die identiteit vas te stel van ʼn man wat se liggaam in die Apiesrivier naby die Pretoriase varsproduktemark gevind is.
Die liggaam van ʼn wit man is op 27 Maart in die Apiesrivier gevind. Die sketse is ʼn basiese voorstelling van hoe die man moontlik gelyk het. Hy was glo tussen 40 en 55 jaar oud en sowat 1,8m lank. Hy het tatoeëermerke op groot dele van sy lyf gehad.
Enigiemand met inligting is gevra om 072 647 7464 te kontak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
HOOP SY FAMILIE HERKEN HOM EN KOM NA VORE. HARTSEER.