Die liggaam van ʼn man, glo in sy vroeë 30’s, is langs die R23 tussen Balfour en Standerton in Mpumalanga gevind.
ʼn Polisie ondersoeker, konst. Brian Jones, sê die liggaam is Donderdagoggend gekry en het verskeie steekwonde. Hy sê daar is nie ʼn wapen op die toneel gevind nie en die motief vir die moord is nie bekend nie. Jones sê die man het geen identifikasie by hom gehad nie. “Hy het ʼn grys broek, ʼn blou gestreepte langmouhemp en swart skoene aangehad. Hy het kort blonde hare en blou oë.” Jones sê hulle vermoed die mans is vroeg Woensdagoggend doodgemaak. Enigiemand met inligting kan Jones kontak by 071 182 6946.