Man se lyk in Vaalrivier gevind

vaalrivier-320x227Die liggaam van ‘n man is in die Vaalrivier in Campbell, oos van Griekwastad in die Noord-Kaap gevind.

Luit. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê die liggaam is Vrydag gevind nadat kinders wat in die rivier geswem het ‘n verdagte sak gesien en die polisie gekontak het. “Die forensiese span het die sak uit die water gehaal en die liggaam in die sak gevind. ‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffer vermoor, in die sak geplaas en in die rivier gegooi is.” Die man se identiteit is nog nie vasgestel nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.