Man se naakte en vasgebinde liggaam in huis gevind

ʼn Man se naakte en vasgebinde liggaam is Maandagoggend in sy huis in Orange Grove in Johannesburg gevind.

ʼn Polisiewoordvoerder, Thabo Malatjie, sê Barney van Heerden se liggaam is Maandagoggend deur veiligheidswagte gevind nadat hulle gesien het sy hek staan oop. Malatjie sê die polisie was omstreeks 8:00 op die toneel. Hy sê die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie hoewel die polisie vermoed hy is dalk verwurg. Malatjie sê daar was geen bewyse van ʼn inbraak nie en dat Van Heerden moontlik sy moordenaar geken het. Hy sê daar is ook niks gesteel nie. Malatjie sê die polisie het egter twee wynglase op die kombuistafel gevind en vermoed dat Van Heerden moontlik ʼn afspraak gehad het. Die polisie het geen verdagtes in die stadium nie en ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.