Man se ontbinde lyk in Cullinan gevind

Die ontbinde lyk van ʼn werknemer van ʼn rehabilitasiesentrum is in sy huis in Cullinan, oos van Pretoria, gevind.

ʼn Polisiewoordvoerder, Johannes Jaftha, sê hulle vermoed die 26-jarige man is vermoor. Hy sê ʼn kollega van die man is Sondag na sy huis nadat hy die afgelope week nie by die werk was nie. Die huis was gesluit maar sy het die man se lyk deur ʼn venster gesien. Die polisie het die huis se deur afgebreek en die man se liggaam op die vloer gevind. Hy het ʼn oop wond aan sy bolyf gehad. Die man se motor en ander items was vermis. Die polisie het sowat 20 minute later vyf mans in hegtenis geneem wat in besit was van die gesteelde motor. Hulle sal binnekort in die Cullinan landdroshof verskyn. Jaftha sê die polisie se ondersoek duur voort en hulle wag op die uitslae van ʼn nadoodse ondersoek. Die man was glo ʼn werknemer by die Dr Fabian en Florence Ribeiro rehabilitasiesentrum. Dit het voorheen as die Magaliesoord rehabilitasiesentrum bekendgestaan. Die Ribeiro’s was politieke aktiviste en is in Desember 1986 in Mamelodi vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.