Man se vinger groei wonderbaarlik terug

ambulansDanksy die sukses van ’n nuwe prosedure wat ’n algemene chirurg in die Suide van Florida beproef het, is ’n 33-jarige man se vinger wat hy onlangs in ’n fratsongeluk verloor het, besig om fluks terug te groei.

Paul Halpern van Delray Beach het onlangs ’n derde van sy vinger verloor toe sy perd dit per ongeluk afgebyt het toe hy hom ’n koekie gevoer het. Een van Halpern se kollegas het die punt van sy vinger uit die perd se mond gegryp en hulle het hul na die naaste hospitaal gehaas in die hoop dat die vinger aangewerk kan word. Die vinger kon nie gered word nie en Halpern se voorland was die amputasie van nog ’n stuk van sy wysvinger.

Dr. Eugenio Rodriguez het aangebied om ’n nuwe prosedure op sy vinger te toets. Die prosedure sou na bewering Halpern se vinger laat teruggroei. Dr. Rodriguez het weefsel van ’n vark se blaas gebruik om ’n templaat van Halpern se vinger te maak en dit aan die oorblywende vinger vasgewerk. Wonderbaarlik het nie net die vel nie, maar been en selfs ’n nael op die templaat begin uitgroei.

Halpern is baie opgewonde oor die prosedure en dankbaar dat sy vinger so vinnig herstel. Volgens Dr. Rodriguez sal dit tussen nege en twaalf weke neem vir die vinger om heeltemal te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.