Man sit foto van vermoorde vrou se lyk op Facebook

Derek Medina (31) van Miami in Florida, Amerika het glo sy vrou doodgeskiet en daarna ʼn foto van haar bebloede liggaam op Facebook gelaai.

Medina het homself Donderdag na die skietdood van sy vrou, Jennifer Alfonso, oorgegee. Alfonso het glo gedreig om van Medina te skei. Nadat Medina glo sy vrou doodgeskiet het, het hy ʼn grusame foto van haar bebloede liggaam op Facebook geplaas met die opskrif: “RIP Jennifer Alfonso.” Die foto was vir etlike ure op Facebook voor dit verwyder is. “Ek gaan tronk toe of die doodstraf kry omdat ek my vrou vermoor het, lief vir julle, verlang na julle, goed gaan Facebook-mense, julle sal my in die nuus sien,” het Medina op Facebook geskryf. “My vrou het my geslaan en ek gaan nie langer met die mishandeling saamleef nie en daarom het ek gedoen wat ek gedoen het, ek hoop jy verstaan my.” Alfonso se liggaam is later deur die polisie op die kombuisvloer gekry. Sy is verskeie kere geskiet. Volgens Medina het sy vrou hom herhaaldelik met ʼn vuis in die gesig geslaan en het hy die vuurwapen gaan haal. Medina sê sy vrou was met ʼn mes gewapen. Medina kon glo daarin slaag om die mes by haar af te neem waarna sy hom glo weer begin slaan het en hy haar geskiet het. Medina kan die doodstraf opgelê word indien hy skuldig bevind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

willy ·

Mishandeling is iets verskrikliks, dit laat sommiges sulke siek dinge doen wanneer hulle wraak neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.