Man sit lank ná hy 7-jarige verkrag, vermoor

Bulelani Jula is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en verkragting.

Jula is Dinsdag daaraan skuldig bevind dat hy ʼn sewejarige meisie verwurg het terwyl hy haar verkrag het. Hy het ook erken dat hy ʼn 60-jarige vrou verkrag het. Waarnemende regter Thoba Poya-Dlwati het Jula skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting en een van moord. Jula is tot lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf gevonnis. Jula is voorheen skuldig bevind aan huisroof en diefstal. Hy het die bejaarde vrou verkrag kort nadat hy op parool vrygelaat is.

In ʼn verklaring wat vroeër namens Jula in die hof voorgelees is, het Jula gesê hy het die meisie en twee jonger meisies sien speel. “Ek het vir hulle vetkoek gegee en die sewejarige meisie na ʼn woud gelok,” het hy in die verklaring gesê. “Ek het haar beveel om haar klere uit te trek maar sy het begin huil. Ek het haar aan die keel gegryp om haar gehuil te probeer keer. Ek het haar verkrag en toe ek klaar was, het ek gesien sy haal nie meer asem nie. Ek het afgelei sy is dood en het gevlug.” Jula het ook erken dat hy die 60-jarige vrou na haar huis agtervolg en verkrag het. Hy het gevlug toe hy gehoor het haar man kom by die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.