Man sit lewenslank ná aanval

hofhamertjie3Matthews Koko Mooketsi (30) is drie keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ʼn vrou verkrag en haar man vermoor het.

Mooketsi is skuldig bevind aan moord, verkragting en roof. Hy is lewenslange tronkstraf opgelê vir elke oortreding. Mooketsi het die bejaarde egpaar op 31 Desember 2011 in hul huis in Itireleng in Noordwes aangeval. Hy het die 62-jarige vrou verkrag en aangerand en haar 85-jarige man aangerand. Hy het klere en huishoudelike goedere gesteel. Die egpaar is na die Taung-hospitaal geneem waar die man later aan sy beserings beswyk het. Mooketsi is drie maande later in Bloemfontein in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

vuurvreter ·

Hulle wil net moor,verkrag en steel. Ons land is een van die mees gevaarlikste in die wereld. Dit maak nie saak of dit dag of nag is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.