Man skiet buurvrou per ongeluk deur woonstelvloer

David White

David White

David White (22) van Tennessee in Amerika het per ongeluk sy buurvrou deur die vloer van sy woonstel geskiet.

White het aan die polisie gesê hy het Sondagaand omstreeks 23:00 met sy vuurwapen “gespeel” toe die wapen afgegaan het, berig WATE. Die koeël is deur die vloer en het die buurvrou in die woonstel onder hom getref.

Heather Goutremount, wat onder White bly, het op haar bed lê en slaap toe sy in die skouer getref is. Sy is ernstig beseer, maar is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Goutremont se eggenoot, Vincent, het aan News 2 gesê hul tweejarige baba het sowat 1.8m van Heather af lê en slaap in die huis.

White is in hegtenis geneem en word van roekelose hantering van ‘n vuurwapen aangekla tesame met klagtes van die besit van dagga en die onwettige besit van voorgeskrewe medisyne.

Ongelukke met vuurwapens het die afgelope jaar tot verskeie sterftes in Amerika gelei. ʼn Vrou in Arizona is vroeër vandeesmaand doodgeskiet nadat haar kêrel se pistool, wat in sy gordel ingesteek was, afgegaan het toe hy die vuurwapen wou uithaal. ʼn Tiener in Louisiana is dood nadat ʼn man per ongeluk sy aanvalsgeweer laat afgaan het toe hy die vuurwapen aan sy vriende wou wys. ʼn 10-jarige seuntjie is in Junie in San Diego oorlede toe hy en sy maatjie met ʼn gelaaide vuurwapen gespeel en hy in die bors geskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amy ·

Alles in Amerika word mos goedkoop en meestal van hout gebou. Hier by ons sou die koeël tien-teen-een terug geskiet het, en dan het hy homself gewond of doodgeskiet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.