Man skiet glo blaffende hond

ʼn Man wat glo ʼn blaffende hond geskiet het, het Woensdag in die landdroshof in King William’s Town verskyn.

Lucas Merine (34) is Maandag in ʼn huis in Sweetwaters in hegtenis geneem nadat hy glo die hond geskiet en die vuurwapen op die hond se eienaar gerig het, het lt. Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is van poging tot moord, die vuur van ʼn wapen in ʼn munisipale gebied, die rig van ʼn vuurwapen, en die hantering van ʼn vuurwapen terwyl hy onder die invloed van alkohol is, aangekla,” het Mawisa gesê.

Merine is borg van R500 toegestaan, maar hy kon dit nie betaal nie. Die saak is tot 6 Februarie uitgestel.

Die hond het die voorval oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.