Man skiet glo eksvrou se verloofde voor skool

ʼn 37-jarige man is Maandagmiddag in aanskou van ouers en leerder voor ʼn skool in Kaapstad doodgeskiet.

Die Cape Times berig dat Rashied Moses in die gesig en nek geskiet is by die St George’s Grammar skool in Mowbray terwyl leerders by die hekke uitgekom het. Die skoolhoof, Julian Cameron, sê die skietery het sowat 500m van die skool plaasgevind. “Die skool was reeds uit. Daar was ʼn klein groepie leerders, personeellede en ouers wat die voorval gesien het. Niemand anders is beseer nie. Die kinders wat die voorval gesien het sal berading ontvang.” Volgens ooggetuies het daar ʼn stryery ontstaan tussen twee mans en ʼn vrou. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, sê ʼn 37-jarige man is op die toneel in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksvrou se verloofde doodgeskiet het. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.