Man skiet glo sakevennoot, pleeg selfmoord

Julian Williams, uitvoerende hoof van Basileus Capital, is Donderdagmiddag in sy kantoor in Kaapstad doodgeskiet waarna die vermeende skieter, Herman Pretorius, glo selfmoord gepleeg het.

Moneyweb berig dat Pretorius ʼn voormalige sakvennoot was van Williams. Pretorius het Williams glo doodgeskiet waarna hy homself glo in die kop geskiet het. Hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Pretorius moes glo Donderdagaand ʼn vergadering met beleggers in Moorreesburg bywoon. Die beleggers is glo ingelig dat die vergadering gekanselleer is aangesien Pretorius met Williams vergader het. Moneyweb het vroeër die maand berig dat Pretorius in ʼn woordewisseling met Williams betrokke was oor ʼn maatskappy waarin Williams ʼn direkteur was. James Ngculu, voormalige ANC-LP, is die voorsitter van Basileus Capital.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.