Man skiet homself tydens Paashaasjag

Argieffoto

‘n Man het homself Saterdag by Nieu-Seeland se jaarlikse groot Paashaas-jag raakgeskiet.

“Die 26-jarige man, een van 400 jagters, het gegly en homself in die hand getref,” het die polisie in Cromwell, gesê.

Dié hasejag word jaarliks in die droë binneland van die Otago-streek gehou waar hase, wat in die 19de eeu in die land ingebring is, geen inheemse roofdiere het om hul getalle in toom te hou nie, en as ‘n pes deur plaaslike boere beskou word.

Sowat 10 000 hase word gewoonlik tydens die 24-uurlange geleentheid geskiet. In 2011 is ‘n rekordgetal van 23 000 hase gejag.

Die departement van bewaring betaal ‘n beloning vir haaskarkasse. Die diereregtegroep, SAFE, lewer egter kritiek teen die hasejag en sê dit het baie min te doen met die ware beheer van die hase. Hans Kriek, uitvoerende direkteur, het gesê die groep is besorg dat onervare jagters die diere kan laat ly. “Om hierdie beheer van ‘n ongewenste spesie as ‘n “pret dag” te beskryf, stuur ‘n baie verkeerde boodskap aan die publiek in die algemeen en veral aan kinders,” het Kriek gesê. “Indien hulle getalle vir watter rede ook al beheer moet word, moet dit deur professionele mense in die mees menswaardige manier moontlik gedoen word. Die Paashaasjag voldoen nie hieraan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berita Drescher ·

Absolutely disgusting……no sympathy for this guy……serves him right to be so cruel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.