Man skiet ‘kaper’ dood

ʼn Inwoner van Dalpark in Brakpan aan die Oos-Rand het ʼn gewapende man doodgeskiet nadat laasgenoemde en nog twee gewapende mans hom en sy gesin probeer kaap het.

LookLocal Brakpan berig dat die man (43), sy vrou (39) en hulle twee maande oue baba omstreeks 20:00 Sondagaand tuis gekom het toe drie gewapende mans die erf binnegestorm het. Die vrou sê haar man het vir een of ander onverklaarbare rede vir haar gesê om die baba te vat en die kleinhekkie te gebruik om die huis binne te gaan terwyl hy die motor in die motorhuis parkeer het. Volgens die vrou het drie gewapende mans die erf binnegestorm en op haar man losgebrand waarna hy sy pistool uitgeruk en teruggeskiet het. Die vrou het intussen met die baba in die huis in gehardloop. Twee van die gewapende mans het weggehardloop terwyl die derde een agter die motor probeer wegkruip het. Die vrou sê haar man het op die motor se dak geklim en weer op die man losgebrand. Hy is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek die saak.

Bron: LookLocal Brakpan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

mina ·

dit is reg anders was die hele gesin weer uitgewis en die moordenaars op vrye voete

B A Potgieter ·

Uitstekend.!!!! Wel gedaan Meneer, So moet die BLANKES werk en altyd sy vuurwapen saam dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.