Man skiet per ongeluk seun (7) dood

ʼn Amerikaanse man het per ongeluk sy sewejarige seun doodgeskiet nadat sy vuurwapen afgegaan het toe hy in sy bakkie geklim het.

Die tragedie het in East Lackawannock, sowat 100 km noord van Pittsburgh, Pennsilvanië, plaasgevind. Die pa is geïdentifiseer as Joseph Loughrey (44). Sy seun, Craig, is in sy bors geskiet. Die voorval het plaasgevind nadat die pa en seun glo ʼn winkel wat vuurwapens verkoop, besoek het. Loughrey het aan die polisie gesê hy het sy vuurwapen se magasyn leeggemaak, maar nie besef dat daar nog ‘n patroon in was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.