Man skiet per ongeluk vrou, bid en lees vir haar uit Bybel

ʼn Versekeringsmakelaar van Benoni wat sy vrou glo per ongeluk geskiet en daarna vir haar gebid en uit die Bybel gelees het kon nie haar lewe gered het nie, het die hooggeregshof in Pretoria gehoor.

Clarence Botha, namens Martin Badenhorst (45), het ʼn beroep op die hof gedoen om Badenhorst se weergawe, dat sy vrou per ongeluk geskiet is gedurende ʼn worsteling vir sy vuurwapen, te aanvaar en hom vry te spreek op aanklag van moord.

Badenhorst het onskuldig gepleit op aanklag dat hy sy vrou Yolandi in November 2007 in hul huis in Benoni vermoor het. Badenhorst het vroeër in die hof getuig dat sy vrou aggressief was die aand van haar dood. Hy beweer sy vrou het hom getart oor haar kêrel en aan hom gesê dat niemand hom soek nie en hom glo deur die gesig geslaan. Hy het haar glo teruggeslaan waarna sy probeer het om sy vuurwapen te gryp. Twee skote is in die proses afgevuur. Hy beweer sy vrou het voortgegaan om hom aan te val nadat die eerste skoot afgegaan het en dat hy nooit besef het sy is raakgeskiet nie.

Badenhorst sê sy vuurwapen was steeds in sy hand toe hy vir sy vrou uit die Bybel gelees en gebid het terwyl sy by sy voete gelê het. Botha het dit aan die hof gestel dat die verdediging toegegee het dat die skoot tot Yolandi se dood gelei het maar bygevoeg dat dit duidelik was van die bewysstukke dat daar ʼn struweling was. Botha het die hof gevra om die staatspatoloog se getuienis dat Yolandi nog sou geleef het indien Badenhorst haar na ʼn dokter toe geneem het, te verwerp aangesien mediese bewyse glo daarop wys dat sy sou sterf kort nadat sy geskiet is. Die saak is tot 22 November uitgestel vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

Johann:

As ek reg verstaan, het die vrou haar man fisies en verbaal aangerand, en dat hy homself (en haar ook) moes beskerm. Indien sy weergawe waar is, het ek BAIE SIMPATIE met hom. Tipiese geval waarna ek in ‘n vorige berig verwys het.

Groete

Johann ·

Dit gebeur nie net nie. Dit is aan die orde van die dag. Ek weet dit. Maar wat so ironies is, is dat daardie vrou wat haar man mishandel het nie uitgekreit word as ‘n stuk drek, skuim of dergelike byvoeglike naamwoorde nie. As die berig waar is sal ek dit sommer vir diè doen wat nou so swyg en skitter in hulle afwesigheid. Ek is bly hierdie laakbare mens het gekry wat haar toekom. Sy was ‘n regte mishandelaar wat nog ‘n buitegtelike verhouding aangeknoop het. Sy wou haar wettige man vernietig het om goedsmoeds met haar verhouding voortegaan. Hoekom nie skei nie is die vraag? Jaloesie en obsessie is ‘n vernietigende emosie.

Ivor ·

Johann some advice…get over it…
Not worthwhile that a woman upsets you…
Some off them are just be an albatross around someone’s neck…
You can see it on this forum…running from one sensation to the other…
Meaning nothing…to give advice…there’s no dearness feelings out of their heart ..
My advice…no advice from some of them…
It’s just meaningless words…
At the end…they want sympathy for the deeds they do against men…

Trippie ·

Ivor, ek gaan my nie eers verwerdig om jou hierop te antwoord nie.

Johann ·

Ek wou nog bysê dat jy heel kalm en nie so uitgesproke is met jou bekende kragwoorde in jou kommentaar. Seker omdat die vrou die mishandelaar en nie die mishandelde een is volgens die berig.

Trippie ·

Johann, ek wil jou “vriend” wees, en NIE jou vyand nie !

As daar 3 dinge is wat ek HAAT, is dit :

JALOESIE
AFGUNS
ONREG

(Baie van ons mense het hierdie al beleef, EK OOK, maar dis verby, ek het die persoon vergewe, en eerlikwaar, ek voel WONDERLIK). Vandag is ons die grootste vriende, ek gaan selfs sy voorgenome huwelik Desember bywoon.

En dit is, en sal ALTYD verkeerd wees om ‘n buite-egtelike verhouding aan te knoop. Stem saam, as jy jouself in so situasie laat beland, gee die verontregte persoon geleentheid om aan te gaan met sy/haar lewe.

Kan ons asseblief in vrede hier saam gesels ?

NS: Die ENIGSTE rede waarom ek nie kraswoorde gebruik het nie, was omdat ek direk met JOU gepraat het, en nie net, soos my vorige repliek, ‘n stelling gemaak het.

Seg Net ·

Of die vrou nou wat ook al gedoen het en of sy nou ‘n teef of biets was, wat sy heel waarskynlike, volgens die berig was. verdien sy of vir wat dit werd is niemand om vermoor te word nie. Ek glo dit was moord en niks anders nie. Wat soek die man ten eerste met ‘n vuurwapen. Of wat maak enige mens met ‘n vuurwapen is so ‘n geval? Skiet waarskuwing skote? Wat is die waarskynlikheid dat twee skote per ongeluk afgaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.