Man skiet polisieman wat soos ‘rower’ lyk

ʼn Man van Sterpark in Polokwane, Limpopo het die polisie na sy huis ontbied na ‘n gewapende rooftog waarna hy glo een van die polisiebeamptes geskiet het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die 41-jarige man is glo van R8 000 beroof deur twee gewapende rowers waarna hy die polisie ontbied het. “Kort nadat hy die saak aan die polisie gerapporteer het, het twee polisiebeamptes in gewone klere na die toneel gehaas. Nog polisiebeamptes in uniform en in ʼn polisievoertuig het kort hierna oop die toneel aangekom.” Mulaudzi sê die man het een van die polisiebeamptes in uniform daarvan beskuldig dat hy soos een van die mans lyk wat hom pas beroof het waarna hy ʼn vuurwapen uitgeruk het en die beampte geskiet het. Hy sê konst. Judy Lekhola is na ʼn hospitaal gehaas en is in ʼn ernstige toestand. Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Ek sal voorstel dat hierdie saak baie deeglik ondersoek word,en dat die bewerings nie sommer onder die mat ingevee moet word! Daar is geen vertroue meer in die SAPS,en moontlik het die klaer n geldige verweer,,,,alles klink net vir my te per toeval.,,,dat die polisie so vinnig opdaag,,,,,,,,,tyd wat klagtee gerapporteer is,,,,,,,,,en stel was waar presies(GPS) verwysings daardie twee polisie voertuie se ligging was ,,ten minste n uur voor hulle klagte “Sou” ontvang het!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.