ʼn 25-jarige man van Soweto het Vrydagoggend sy vervreemde vrou, 24, voor hul ses maande-oue baba in hul huis in Zondi geskiet en toe homself geskiet, het die polisie in Johannesburg gesê.
Woordvoerder ao Kay Makhubela het gesê die weeskindjie is in die sorg van haar ouma aan haar moederskant geplaas. Die polisie het ʼn moorddossier geopen en ʼn doodsondersoek gelas.