Man skiet vriendin, pleeg selfmoord

ʼn 39-jarige man het sy vriendin gewond voor hy selfmoord gepleeg het Woensdagoggend in Pacaltsdorp in die Wes-Kaap.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Bernadine Steyn, sê die 34-jarige vrou is in die skouer geskiet en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Sy sê die man het selfmoord gepleeg en is op die toneel dood. ʼn Pistool wat se reeksnommer afgeskuur is, is naby die man se liggaam gevind. Steyn sê die polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval. Steyn sê mediaberigte wat beweer dat die paartjie stry gekry het oor ʼn kind en dat daar ʼn kind was op die toneel is onwaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.