Man skiet vrou agter stuur, homself

ʼn Man het Vrydag sy vrou doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het in Durban, KwaZulu-Natal.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar het glo in ʼn rusie betrokke geraak in hulle motor waarna die man sy vrou, wat bestuur het, doodgeskiet het. Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die motor het teen ʼn boom gebots op die kruising van Essexstraat en Durhamweg. Die man het homself hierna in die kop geskiet en hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die polisie het op ʼn vuurwapen beslag gelê en ondersoek ʼn saak van moord. Die gepaar was glo albei in hulle 50’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Seg Net ·

Teen wie ondersoek hulle die moord saak? Dit is moord en wie gaan hulle nou aankla?
Die mense knak soos ‘n nat tak in vandag se lewe en dit as gevolg van die gejaag, onsekerheid en sosio ekonomiese toestande wat deur ‘n onbevoegde regering geskep word.

Seg Net ·

Wou nog vra wat se argument, terwyl julle ry, kan so erg word dat dit moord regverdig?

Trippie ·

Goeie more Seg Net … ek ken nie die antwoorde nie, maar stem tog saam met jou.

Hierdie gedrag is erg aan die toeneem, en dan vra ek WEER, waarom kan mense nie net hul humeur beteuel en op beskaafde wyse verskille, ens. uitklaar nie. 50 is nog redelik jonk, en dalk sit kinders / kleinkinders nou sonder ouers / grootouers.

HARTSEER.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.