ʼn Man van Mthatha in die Oos-Kaap het glo sy vrou doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.
Kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, sê die man (28) het glo omstreeks 15:30 Saterdagmiddag sy vrou (25) doodgeskiet na hulle glo ʼn argument gehad het. Die man het glo hierna selfmoord gepleeg. Hulle is albei op die toneel dood verklaar. Fatyela sê ʼn vuurwapen is op die toneel gevind. Die motief vir die skietery word ondersoek.