Man skuld glo R1.6 miljoen vir verkeersboetes

Argieffoto van ‘n Jaguar XF 3.0D. Oliver het meer as R40 000 aan verkeersboetes betaal vir sy privaatmotors. Een van dié voertuie is ‘n Jaguar XF 3.0D

Kenneth Melvin Oliver (48), ‘n taxi-eienaar van Durban, word verantwoordelik gehou vir verkeersboetes van R1,6 miljoen.

Meer as 4 000 verkeersboetes is oor twee jaar aan sy vloot van 10 taxi’s uitgereik, berigh The Sunday Times. Oliver het skuld glo ook R40 000 vir verkeersboetes wat uitgereik is vir sy private motors, een van die motors is ‘n Jaguar XF 3.0D. Die metropolisie in eThekwini het hom glo as een van die 20 ergste oortreders uitgewys.

Oliver voer aan sy taxibestuurders moet verantwoordelik gehou word. “Mense moet verstaan dat taxibestuurders kom en gaan. ‘n Bestuurder sal vir ‘n paar dae of weke werk en dan verdwyn hulle,” het hy aan die koerant gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.