Man skuld OR Tambo glo R42 000 vir parkering

Parkering by OR Tambo

‘n Sakeman skuld OR Tambo- internasionale lughawe sowat R42 000 nadat sy motor vir langer as 12 maande daar parkeer gestaan het.

Desmond Grootboom, ‘n sakeman wat in Johannesburg en Kaapstad woon, het sy blou Renault Clio op 8 November 2011 daar parkeer en die motorsleutel en parkeerkaartjie aan ‘n vriend oorhandig. Die vriend het egter glo die parkeerkaartjie verloor en nooit vir Grootboom in kennis gestel nie, het The Star berig.

“Ek het nooit met hom bevestig nie,” het Grootboom gesê. Die motor het uiteindelik 14 maande lank by die lughawe gestaan. Grootboom skuld die lughawensmaatskappy (Acsa) R42 700 gebaseer op die huidige prys van R100 vir die eerste 24 uur en R50 vir elke 12 uur daarna. Dit is meer as die motor se huidige boekwaarde, wat tans tussen R20 000 en R40 000 beloop.

Die voertuig se motorlisensie het ook intussen verval en ‘n boete van R500 is op die motor se ruit geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Brenda ·

Wie kom vir ‘n hele jaar, skuus 14 maande, nie agter sy motor is nie veilig by sy huis nie? Mense met te veel geld/karre??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.