Man skuldig bevind aan plaasmoord

hofhamertjie31Die rondgaande hof in Nelspruit het Aaron Nkosi (30) skuldig bevind aan die moord op Johannes Hendrik Schoeman.

Nkosi se medebeskuldigde, Thomas Nyathi (30), is intussen vrygespreek. Die twee mans is daarvan beskuldig dat hulle Schoeman (86) op 17 Desember 2010 vermoor het. Hulle is ook van ontvoering en roof met verswarende omstandighede aangekla. Hulle het glo Schoeman se vrou, Güdryn (67), ontvoer en vir ure lank met haar rondgery. Regter Mmonoa Teffo sê Nkosi het homself op die misdaadtoneel geplaas deur die misdaadtonele aan die polisie uit te wys. “Jy het die kamer uitgewys waar Schoeman geslaap het en jy hom aangeval het…jou medebeskuldigde het hom gewurg tot hy bewusteloos was.” Teffo het gesê daar is sonder twyfel bewys dat Nkosi deel van die misdaad was. Sy sê die staat kon egter nie sy saak teen Nyathi bewys het nie. Bewysstukke is onder meer verkeerd gemerk. Hoewel Nyathi nie kon verduidelik hoe sy bloed op die egpaar se motor gekom het nie, het Teffo die uitslag van die DNS-toetse verwerp. “Daar is geen bewyse wat Nyathi positief tot die misdaad verbind nie en hy word vrygespreek op al die aanklagte teen hom.” Nkosi word Woensdag gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Seg Net ·

Gemengde gevoelens. Weereens swak polisie ondersoek en hantering van die saak. So loop baie moordenaars en verkragters vry tussen ons weens onbevoegde opleiding en verkeerde aanstellings.

Justi ·

More almal. Ek dink so in my binneste……is die bewysstukke werklik per ongeluk( weens swak opleiding) verkeerd gemerk? Of is dit met n rede verkeerd gemerk? Mens kan dink wat jy wil maar nie altyd se wat jy wil nie.

vuurvreter ·

More Justi jy weet mos geld praat. Ons almal weet hkom hy los gekom het. Hys n blanke boer wat vermoor is. .

Trippie ·

My hart huil vir hierdie mense. ‘n Mens met hart en siel sal nie homself skuldig maak aan sulke wreedhede nie. Dis monsters.

Knormoer ·

Ek is absoluut oortuig dat van die vroeër benadeelde polisielede volg aspris verkeerde prosedures sodat ñ saak uitgegooi word. Hulle is nie só dom nie en weet die howe gooi sake uit wat nie reg hanteer word nie. Hulle weet ook daar sal nie opgetree word teenoor hulle nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.