Man skuldig bevind vir Eugene Terre’Blanche se moord

Media in die hof. Die foto is deur @Jacanews op Twitter gelaai.

Chris Mahlangu, die man wat vir Eugene Terre’Blanche se moord aangekla is, is Dinsdag in die Rondgaande Hof op Ventersdorp skuldig bevind.

Die naam van die jeugdige in die saak is intussen bekendgemaak. Patrick Ndlovu is ook ‘n plaasweker, wat minderjarig was toe hy saam Mahlangu was wat Terre’Blanche op 3 April 2010 vermoor het. Hy is egter van die moord vrygespreek, maar is wel skuldig bevind van inbraak met die opset om te roof.

Regter John Horn het bevind dat bewerings van sodomie, wat Mahlangu teen die vermoorde AWB-leier gemaak het, van alle waarheid ontbloot is.

Uitspraak in die saak het vanoggend begin. Ondersteuners van die beskuldigdes sowel as Terre’Blanche het buite die hof saamgetrek te midde van ‘n sterk polisieteenwoordigheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.