Man skuldig ná hy skildery skend

The Spear, nadat die skildery met verf geskend is

Een van die mans wat ‘n omstrede skildery van pres. Jacob Zuma geskend het, is Vrydag in die Hillbrow-landdroshof skuldig bevind aan opsetlike beskadiging aan eiendom, het die SAUK berig.

Die hof het bevind dat Louis Mabokela, ‘n taxibestuurder van Limpopo, in Mei 2012 beplan het om die skildery by die Goodman-galery in Rosebank, Johannesburg, te beskadig. Mabokela het glo volstaan by sy onskuld en gesê dat hy nie iets verkeerd sien met dit wat hy gedoen het nie. Hy sê hy wou net die beeld van die president beskerm.

Die skildery, genaamd The Spear, het Zuma uitgebeeld met sy geslagsdele ontbloot.

Barend la Grange, wat ook die skildery geskend het, het R1 000 boete betaal nadat hy skuld erken het. Mabokela het vroeër sy skulderkenningsboete van R1 000 van die hand gewys.

Die skildery is glo R100 000 werd en sy waarde het toegeneem nadat dit geskend is, berig die SAUK.

Lees ook:
Zuma-skildery: Verdagte in hof
Zuma-skildery: Wag wat vandalis aanval in hof
Zuma-skildery: Geen persone onder 16
Zuma-skildery: ANC trek hofsake terug
Zuma se skildery steeds op webwerf
Zuma-skildery: Veiligheidswag se saak uitgestel
City Press gaan “The Spear” verwyder
The Spear se eienaar wil skildery “net so” behou
Laat hof beslis oor Zuma-skildery, sê AfriForum
Steve Hofmeyr praat oor Zuma-skildery
Video: Twee mans in aanhouding oor beskadigde Zuma-skildery
Foto: Omstrede Zuma-skildery geskend
Zuma-skildery: Strate toegemaak vir betogers by hof
Zuma-skildery: “Kru, onbeskof, minagtend en rassisties”
Zuma-skildery ‘sadisties’
Zuma-skildery: Galery gaan dit nie verwyder nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg Net ·

Wat is nou die probleem? Hy het net die president se swart peester toegemaak. Die koning is naak en hy sien dit raak. Beloon hom.

JAVR ·

Hulle moet pasop want siende dat die waarde opgegaan het kan hy eis om betaal te word omdat hy die waarde laat opstoot het! Kan ook maar net dankie sê dit was toegeverf want ek gril skoon as ek dink wat uitgehang het! Ding is seker nou al afgevrot!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.