Man skuldig wat diamante steel

Argieffoto

Argieffoto

Michael van Rensburg is in die Noord-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan diefstal en die besit van 525 ongeslypte diamante met ʼn waarde van R1.4 miljoen, het The Star Vrydag berig.

Van Rensburg, ʼn inwoner van Kimberley en voormalige werker by die Harry Oppenheimer House (HOH), is Donderdag deur regter Mpho Mamasebo skuldig bevind.

Hy het tydens sy verhoor onskuldig gepleit op ʼn aanklag van diefstal van die diamante wat in Mei 2010 uit ʼn boks uit die HOH verdwyn het. Die diamante behoort aan die Diamond Trading Company.

Die diamante het ʼn gesamentlike totale gewig van 741.09 karaat.

Mamosebo het Donderdag gesê die staat het bo redelike twyfel bewys dat niemand anders as Van Rensburg die diamante kon steel nie.

Van Rensburg is op 3 en 4 Mei 2010 op kringtelevisiebeeldmateriaal afgeneem waar hy bokse rondskuif en verdagte bewegings maak.

Hy sal op 28 November gevonnis word.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bushy ·

by wie is die sogenaamde diamante gesteel, of is dit maar net weer “de beers” wat wil verhoed dat iemand anders ook n paar rand uit diamante maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.