Man slaan glo vriendin met hamer dood

Stanley Jaars (30) is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 20-jarige vriendin, Wioneda Stroebel, by hul huis in Knysna, Wes-Kaap, met ʼn hamer doodgeslaan het.

Kaptein Bernadine Steyn, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê Jaars en Stroebel het glo Sondagaand ʼn rusie gehad  waartydens Steyn vir Stroebel na bewering met ʼn hamer teen die kop geslaan het.

“Die paartjie het daarna gaan slaap. Jaars het Maandagoggend omstreeks 03:00 wakker geword. Hy wou Stroebel wakker maak, maar sy was reeds dood,” het Steyn gesê.

Jaars het Stroebel se ouers gebel en vertel wat gebeur het. Hulle het die polisie ontbied wat Jaars op die toneel in hegtenis geneem het.

Jaars het reeds in die Knysna-landdroshof verskyn en word van moord aangekla. Hy bly in aanhouding totdat hy op 12 September weer in die hof moet verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.