ʼn Man van Kaapstad (50) het Dinsdag by St Francis Bay verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Die man het ongeveer 100 meter van die strand af in die water gedryf, het Marc May, NSRI se stasiekommandeur in St Francis Bay in ʼn verklaring gesê. Die man was glo besig om te snorkel. ʼn Moeder en haar seun het probeer om hom te red, maar kon nie by hom kom nie. “Ons weet nie in watter moeilikheid die man in die water beland het nie,” het May gesê. Die man se gesin ontvang traumabehandeling. Die polisie sal ʼn doodsondersoek doen.