Man sny broer op ná huis-amok

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 39-jarige man van Spanje het Maandag skuld erken dat hy sy jonger broer met ‘n hamer doodgeslaan, sy liggaam opgesny en die oorskot in ‘n vrieskas gesit het. Dié daad het glo gevolg nadat die twee ‘n jaar lank saamgewoon het, waartydens die vonke gereeld gespat het.

Die man van die bekende toeristeoord Palma de Majorca op die Balearic-eilande, is in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorgegee en ʼn beëdigde verklaring afgelê het.

“Polisiebeamptes het die man tot by sy huis vergesel en sy broer se oorskot in twee vrieskaste aangetref,” het die plaaslike polisie in ʼn verklaring gesê.

Volgens die polisie kan die man nie onthou hoe lank gelede die moord plaasgevind het nie.

“Die man het aan die polisie gesê sy 32-jarige broer het ʼn jaar gelede by hom ingetrek. Hulle het glo gereeld baklei. In die laaste bakleiery het die jonger broer ʼn hamer gegryp waarmee hy sy ouer broer na bewering glo wou aanval. Sy ouer broer het die hamer by hom afgeneem en hom herhaaldelik teen sy kop geslaan tot hy dood is,” het die polisie bygevoeg.

Die man mag nog nie geïdentifiseer word nie.

– SAPA/AFK

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.