Man soek na hy glo gesin vermoor

crime-scene-tape-320x191Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn man wat daarvan verdink word dat hy sy twee kinders en sy vervreemde vrou vermoor het.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Saterdag in Siyabuswa plaasgevind. Hy sê die kinders, onderskeidelik agt en 12 jaar oud, is doodgeskiet terwyl hulle geslaap het. Hlathi sê die man het toe glo na sy vervreemde vrou se huis gery en haar ook doodgeskiet voor hy gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Dis werklik barbaars. Hoeveel mans moor hulle gesinne uit? Wat het die kinders aan hom gedoen?
Vroue doen dieselfde wrede dinge. Waar gaan die lewe heen? Is alles en almal besig om te verval?
Satan is beslis baie, baie besig.

Paul ·

“Times have not become more violent. They have just become more televised.”

Met ander woorde, dis nie dat sulke dinge meer gebeur nie, dis bloot dat met die verbeterde mediadekking wat deesdae bestaan, mens meer daarvan hoor as so iets gebeur. In die ou dae het sulke dinge ook gereeld gebeur, maar dis nie landwyd of wêreldwyd gerapporteer nie (of dikwels glad nie gerapporteer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.