Man soek oor dogtertjie se lyk

Die liggaam van ʼn dogtertjie is Woensdagmiddag in Turffontein gekry nadat sy glo deur ʼn wit man in ʼn wit motor ontvoer en doodgemaak is.

LookLocal berig dat die dogtertjie, glo ses jaar oud, se liggaam Woensdagmiddag in ʼn dienspad tussen Hay- en Eloffstraat gevind is. Volgens een van die inwoners wat op die toneel was, is die man in die wit motor gereeld in die area. “Ek het gehoor die man het die jong meisie in sy motor ingelok, haar toe weggevat en toe weer teruggekom om haar liggaam hier af te laai.” ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Lorraine van Emmerik het die voorval bevestig en sê hulle wag steeds op die uitslae van ʼn patoloog.

Indien enigiemand die man opgemerk het of dalk weet wie dit is, kan hulle die Booysens-polisiestasie skakel by 011 433 5269.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

frikkie ·

Witman in n wit motor, nooit n swart man in n swart motor nie, dan sal dit net man wees in motor.

Nico Strydom ·

Haai Frikkie

Dit is bloot genoem aangesien die polisie op soek is na die man en die publiek se hulp gevra het met die soektog. Dankie vir jou terugvoer.

Groete

dawie loots ·

jy weet hulle kan vinnig n wit man maar nooit n ander kleur nie ons moet wakker word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.