Man spring glo van krans om polisie te vermy

ʼn Man is Sondagoggend gered nadat hy glo van ʼn krans naby Gordonsbaai gespring het om te verhoed dat die polisie hom in hegtenis neem.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê volgens ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy was die 35-jarige man glo omstreeks 5:30 Sondagoggend in ʼn onderonsie met ander motoriste by ʼn vulstasie betrokke. Die man het in sy motor gevlug waarna veiligheidswagte en die polisie hom agternagesit het. Die man se motor het glo teen verskeie geparkeerde motors gebots tydens die jaagtog. Sy motor het op die R44 langs die kuslyn onklaar geraak waarna hy glo van ʼn krans afgespring het. Lambinon sê met die NSRI se aankoms op die toneel het hulle die man ʼn paar honderd meter onder die krans gevind. “Reddingswerkers van die NSRI kon daarin slaag om die man te red waarna hy deur die polisie in hegtenis geneem is.” Die polisie in die Wes-Kaap kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.