Die liggaam van ‘n man, wat beweer het hy sou uit die dood opstaan, lei nou tot klagtes van die familie se bure in Tsolo, naby Mthata in die Oos-Kaap.
Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Oos-Kaap, het gesê die man, wat Dinsdag gesterf het, het gesê hy sou twee dae ná sy dood weer opstaan. “Die man, wat Dinsdag gesterf het, het na bewering vir sy familie gesê om hom nie na die lykshuis te neem nie,” het Kupelo gesê. Die familie het gevolglik die man se lyk in hul huis gehou, en lede van sy kerk het die liggaam besoek. Kupelo sê plaaslike inwoners het klagtes begin indien oor die reuk wat uit die huis kom. “Dit word nou ‘n gesondheidsrisiko,” het Kupelo bygevoeg. ‘n Span van gesondheidsbeamptes, polisie- en forensiese beamptes sal die familie besoek om hulle te oorreed dat die liggaam verwyder moet word.
Die ouens verf hulleself ook met muti om koeelvas te wees.