Man steek glo kerk aan die brand

vuurʼn 42-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn kerk en nog ʼn gebou in Noordwes aan die brand gesteek het.

Sers. Kealeboga Molale, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die voorval het in Taung plaasgevind. “Die brandstigting het Donderdag omstreeks 16:00 plaasgevind,” het Molale gesê. “Die verdagte het na bewering petrol gebruik om die geboue aan die brand te steek. Die motief vir die brandstigting is nog nie bekend nie.”

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die verdagte moet Maandag in die Taung-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

In ligter luim. Wonder of die pastor nie met sy vrou gelol het nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.