Man steek homself aan die brand

ʼn Man van Noordwes het Donderdag vermoedelik selfmoord gepleeg deur homself aan die brand te steek.

Volgens kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval in Lethabong naby Rustenburg plaasgevind.

“Die 24-jarige man het paraffien oor homself uitgegooi en hom aan die brand gesteek. Hy is na die Job Shimankane-hospitaal geneem waar hy later dood is,” het Makau gesê.

Dit is nog nie bekend wat die motief agter sy beweerde selfmoord is nie en geen brief is agtergelaat nie. Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek uitvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.