Man steel glo R50 miljoen se lugtyd

ʼn Man is aan die Wes-Rand in hegtenis geneem nadat hy die selfoonmaatskappy MTN glo uit lugtyd van nagenoeg R50 miljoen bedrieg het.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die 34-jarige man, ʼn burger van Letland in Noord-Europa, se arrestasie kom na ʼn intensiewe ondersoek in samewerking met MTN. Ramaloko sê die man het glo MTN se stelsels gekraak en dat minstens ses rekenaars en ander elektroniese toestelle hiervoor gebruik is. Die man is moontlik deel van ʼn sindikaat. Ramaloko sê die man sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maryna ·

SLUIT HOM TOE EN GOOI DIE SLEUTEL WEG!!! 4jaar terug het sulke mense my beroof van R6000 en glo my ek kom nou nog nie daaroor nie. En dit deur MTN airtime!!! JOU SATAN!!!! Jy het my kinders se geld gesteel… Hoeveel nagte vra ek my die vraag af, hoekom het ek my ore uitgeleen!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.