Man steel glo voertuig by motorhandelaar

‘n Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n nuwe motor by ‘n motorhandelaar in Marble Hall gesteel het.

“Die verdagte het by die motorhandelaar ingestap en aan die verkoopsbeampte gesê dat hy graag ‘n Nissan Navara wil koop,” het konstabel Lethunya Mmuroa van die polisie in Limpopo gesê. Die 37-jarige verdagte het glo die sleutels uit die verkoopsbeampte se kantoor gesteel en met die voertuig weggery, berig SowetanLIVE. Die polisie het die voertuig op die pad tussen Marble Hall en Siyabuswa opgemerk. “’n Jaagtog het gevolg en die man het beheer verloor en die voertuig gerol,” het Mmuroa gesê. Die man is nie ernstig beseer nie en is in hegtenis geneem. Die man sal Dinsdag in die landdroshof in Marble Hall verskyn op aanklag van voertuigdiefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.