Man steel miljoene om katte te voer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Japan het op ʼn jaarlange rooftog gegaan en sowat R1 850 000 gesteel om 120 katte ʼn fynproewersdieet te laat volg.

Mamoru Demizu (48) het glo op 32 afsonderlike voorvalle by huise ingebreek en kontant en juwele gesteel, het die polisie Donderdag gesê. Hy het glo aan die polisie gesê hy het die goed gesteel om geld te bekom om sy talle katvriende te voer. Hy het tot R2 500 per dag spandeer aan katkos.

“Hy het gesê hy is op sy gelukkigste wanneer hy sy wang teen die katte skuur,” het ʼn woordvoerder van die polisie gesê.

Die werklose Demizu het een dier by sy huis in Izumi in die weste van Japan aangehou, 20 in ʼn nabygeleë skuur en hy het ook 100 rondloperkatte in die buurt gevoer. “Hy het hulle vars vis en hoender gevoer, nie blikkieskos nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sue ·

As hy werkloos was, het hy baie van daai geld vir homself gebruik. Glad nie so edel nie.

akram ·

Wel hoe groter die gewig van die kat is, hoe groter is die prys. As hulle adverteer dat die katte gesond geeet het en nie blikkies kos nie, sal dit dalk meer klante trek na die restourante.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.