Man sterf, 13 beseer in Howick-ongeluk

Foto: ER24

ʼn Man is dood en 13 mense beseer, waarvan sewe ernstig, nadat die bakkie waarop hulle gery het omgeslaan het op die N3 in Howick in KwaZulu-Natal.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die bestuurder het beheer verloor die bakkie voor dit teen ʼn grondwal opgery het en af gerol het. Al die passasiers is van die bakkie geslinger. Banks sê die ongeluk het omstreeks 9:30 Woensdagoggend plaasgevind sowat 2km van die Midmar Dam-afrit. ʼn Man in sy laat 20’s is op die toneel dood. Van die sewe mense wat ernstig beseer is moes vyf mond-tot-mond-asemhaling kry. Die ander vyf passasiers is lig beseer. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.