Man sterf, 9 beseer in Wes-Kaapse botsing

ʼn Man is dood en nege ander beseer nadat ʼn bakkie en ʼn swaarvoertuig Donderdag in die Wes-Kaap gebots het.

Andre Visser, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die Old Philadelphia-pad plaasgevind.

“Die man wat dood is, was tussen ʼn groep mense wat agterop die bakkie gesit het. Hulle is uit die bakkie geslinger nadat die swaarvoertuig die kant van die voertuig getref het,” het Visser gesê.

Die impak van die botsing het albei voertuie van die pad af gedwing. Die bakkie het gerol en is tussen die vragmotor en ʼn boom vasgepen.

Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.