ʼn Man is dood en vier mense beseer na ʼn bootongeluk Vrydagaand in Vanderbijlpark.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê twee mense is kritiek beseer en is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Sy sê die ander beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Steinmann sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.