ʼn Man is dood nadat hy Saterdag van ʼn waterval by ʼn vakansieoord in Roodepoort gespring het.
ʼn Woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, Robert Mulaudzi, sê die voorval het omstreeks 17:00 Saterdagmiddag by die Little Falls-vakansieoord plaasgevind. “Hy het sowat 10m ver in die water geval en toe verdrink.” Die oorledene was 40 jaar oud. Die polisie ondersoek die saak.